By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Rubicon Groep

Die Rubicon Groep se kantore is in Tsumeb maar met 1500 werknemers strek hulle gediversifiseerde reeks van dienste dwarsoor Namibië. 

Rubicon het ontstaan as ’n sekuriteit-onderneming, maar die doelwit was nog altyd om ’n volledige diens te lewer waar hulle omvattende beskerming bied aan eiendom en persone.

Daarom het Rubicon ontwikkel tot ses verskillende maatskappye. Rubicon Security Services lewer sekuriteitswagte en doen kontantvervoer. 

Rubicon Fire Services verskaf brandtoerusting vir die voorkoming van brandgevaar en die nodige opleiding daarin.

Rubicon Alarms Services sorg vir installasies van Alarms, hekmotors, elekriese omheinings, CCTV, monitering en gewapende reaksie. 

Rubicon Radio Services het ontwikkel vanweë die afhanklikheid van radio kommunikasie.

Rubicon Transport Services verskaf 24-uur vervoer vir kliënte se werknemers en Rhino Work Wear, ook deel van die Rubicon Groep, vervaardig hoë gehalte werksdrag en streef daarna om aan die behoefte vir plaaslik vervaardigde goedere te voldoen.
Kontaknommer:+264 67 223 0000
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site