By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

SANSA

SANSA - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap in Hermanus, is verantwoordelik vir navorsing, infrastruktuur en data wat gebruik word om die naby-Aarde ruimtelike omgewing te monitor. Ruimtewetenskap-navorsing stel Suid-Afrika in staat om sy eie ruimtekennis te skep, en bied werklike oplossings vir alledaagse uitdagings.

Die Ruimte-agentskap in Hermanus is toegewy aan die bestudering van die aarde se magnetiese veld, die son en hoe ruimte weer die kommunikasie- en navigasie tegnologie kan beïnvloed wat ons daagliks gebruik. SANSA bied waardevolle ruimtewetenskap data vir nasionale en internasionale navorsingsprojekte en lewer noodsaaklike dienste aan die verdediging-, lugvaart-, energie- en kommunikasie-sektore.

SANSA is gasheer vir die enigste ruimte-weerwaarskuwingsentrum vir Afrika, wat vroegtydige waarskuwings en voorspellings op die ruimteweeraktiwiteit verskaf. 
Ruimteweer-inligting help om die krag-roosters, GPS, kommunikasie en navigasie stelsels sowel as satelliet tegnologie te beskerm.

SANSA doen dit alles om hul kliënte en die nasie te voorsien met topklas-ruimtewetenskapdienste, -inligting en -opleiding.
Kontaknommer:028 312 1196
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site