By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

SM Pompe & Besproeiing

SM Pompe & Besproeiing, spesialiseer in enige iets van boorgate boor tot die groter aspekte van water-verwante produkte en behoeftes. Die besigheid is in Modimolle, Limpopo Provinsie in die hartjie van die bosveld, in Thabo Mbeki Str 99 geleë, wat areas vanaf Pretoria, Polokwane, Botswana en Marble Hall bedien.

S M Pompe doen letterlik alles – hulle boor boorgate en eksplorasiegate; doen pomptoetse tot so hoog as 120,000 liter per uur, verkoop pompe en toebehore, installeer pompe en besproeiingstelsels, herstel pompe, doen waterontledings, verkoop tenks en tenkstaanders en lê waterpyplyne. 

Hulle lewer werk van uitstekende kwaliteit en is trots op hulle flink en spoedige diens. Behoorlike vakmanskap is by S M Pompe en besproeiing, ‘n waarborg. 

S M Pompe gee goeie en vriendelike diens met deeglik opgeleide personeel, wat uit hulle pad sal gaan om ‘n kliënt tevrede te stel. Hulle besef almal hulle werk met die lewensaar van die boer – water.

‘n Verdere diens waarmee S M Pompe uistekend is, is pomptoetse. 

Tydens ‘n pomptoets word die boorgat onder beheerde toestande vir ‘n sekere tydperk gepomp, waartydens die watervlak-reaksie op vooraf bepaalde tydsintervalle gemeet word. Om die volhoubare lewering van ‘n boorgat te bepaal en om die boorgat se vermoë te evalueer om teen hoë pomptempo’s te kan werk, word beide die boorgat en akwifeer ge“stres”, met ander woorde aan hoër pomptoestande onderwerp as wat die uiteindelike bedryfstempo gaan wees. Die reaksie op hierdie onttrekking word gemeet en geëvalueer. Hierdie toetse word “staptoetse” of “veelvoudige tempotoetse” genoem.

S M Pompe – Modimole, Pretoria, Polokwane, Botswana grens en Marble Hall. Volledige pomp en besproeiingsdienste teen billike pryse.
Kontaknommer:014 161 0650
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site