By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

SN Printers

SN Printers het in 2008 geopen en het tans 300 personeellede wat spesialiseer in die vervaardiging van hemde en ander klerasie, asook die waardetoevoeging tot die klere en promosiemateriaal. 

SN Printers spesialiseer in die syskerm drukwerk van wye verskeidenheid tekstielprodukte, borduurwerk, laser-gravering en digitale druk van klerasie, bemarkingsmateriaal en promosie-items.  Hulle vervaardig hul eie “Gearzone” kinder- en volwasse T-hemde wat in grootmaat in voorraad gehou word - 250,000 Gearzone hemde is ten alle tye beskikbaar.  

Klerasie kan ook verpersoonlik word volgens kliënte se behoeftes.  350,000 Promosie-hemde is beskikbaar om in grootmaat te voorsien vir geleenthede soos bemarkingsveldtogte, sport-byeenkomste en skoolprojekte.

Al SN Printers se produkte is top gehalte en teen billike pryse. Hulle is trots op hulle baie vinnige leweringstyd van finale produkte.  Bestellings kan binne enkele dae afgehandel word van vervaardiging tot die druk daarvan.  Die fabriek kan ongeveer 90,000 eenhede per maand vervaardig en hulle kan tot 15,000 hemde per dag druk. 

‘Branding’ prosesse is van uitstaande gehalte en word ten alle tye gemonitor om kwaliteitprodukte te verseker. 
SN Printers spesialiseer in groot volumes met die voorraad en toerusting beskikbaar.

SN Printers – ‘n naam waarop jy kan reken - bekostigbare top kwaliteit, waarby jy net kan baat vind. 

Kontak hulle gerus.
Kontaknommer:012 804 7672
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site