By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sarie Marais Pleasure Cruises

Sarie Marais Pleasure Cruises se Jolly Roger is te water gelaat in1965 en nog steeds werksaam in Durban. Hulle twee kleiner bote is vernoem na die vorige einaar se 2 kleindogters, Le Jessie en Le Cassie. 

Sarie Marais doen natuurlik bootritte. Dertig minute in en om Durban hawe, een uur ritte uit op die oopsee en 2 tot 4 ure privaat verhurings vir partytjies of spanboue, ensovoorts. Hulle spesialiseer ook in opvoedkundige skoolritte, met inligting oor die werksaamhede in die hawe en skepe.

Maak ’n besoek aan Durban ’n onvergeetlike ervaring met Sarie Marais. Die personeel is vriendelik, behulpsaam en bowenal ervare. 

Sarie Marais het die enigste Outydse houtboot in die hawe wat nog operasioneel is. Baie van hul kliënte maak juis gebruik daarvan, want hulle oupas en oumas het hulle 40 jaar gelede, vir ‘n rit op Sarie Marais geneem. 

Sarie Marais Pleasure Cruises – hulle het ‘n reputasie en geskiedenis wat almal ken en is sinoniem met Durban.
Kontaknommer:031 304 7737
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site