By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Satchwell

Sedert 1948 is Satchwell - ‘n divisie van Actom – ‘n vervaardiger van verhittingselemente en termostate vir die Suider-Afrikaanse mark -  ‘n Vlak 1 BBBEE maatskappy. 

Satchwell is al vir langer as 60 jaar ambassadeurs vir die SABS en streef na voortreflike gehalte aan die hand van ISO9001 kwaliteit standaarde. Satchwell verskaf aan groot- tot kleinhandelaars, eiendomsontwikkelaars, loodgieters, elektrisiëns en verbruikers. 

Ingevoerde produkte van swakker gehalte plaas druk op plaaslike vervaardigers en Satchwell moes diversifiseer om die mark van sonverhittingsprodukte te voorsien.  Satchwell is tans ‘n leier op die gebied van sonverhitting sisteem-oplossings, en deel van die Departement van Energie se sonverhittingsprogram.

Kwaliteit en kliëntediens is prioriteite en Satchwell streef na plaaslike werkskepping, opleiding en die sosiale ontwikkeling van persone met gestremdhede. 

Satchwell is trots Suid-Afrikaans.
Kontaknommer:021 863 2035
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site