By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sea Hunter Deep Sea Charters

Die Rocky Bay ski-bootklub, in Park Rynie, Scottburgh, is die tuisbasis van Sea Hunter Deep Sea Charters, wat sedert 2006 diepsee visvang-avonture aanbied. 

Sea Hunter doen enige tipe visvang en is toegerus om roof, snawelvis soos Marlyn en haaie te vang. Hulle maak voorsiening vir individue of groepe. Dis natuurlik ideaal vir spanbou en ook vir besighede wat kliënte wil trakteer.

Jy sal net tevrede kan huistoe gaan na Sea Hunter se ekskursie. Hulle ry die ekstra seemyl en doen spesiale  moeite om kliënte by daardie uitsoek roofvis te kry.

Sea Hunter Deep Sea Charters het ’n perfekte veiligheidsrekord omdat hulle, hulle storie ken. Alle veiligheidsaspekte word altyd nagekom en al is jy nie ’n kranige visserman nie, sal hulle jou gou touwys maak en bystaan om daai grote in te trek.

Sea Hunter Deep Sea Charters – persoonlike diens, vir die beste wat die see kan bied.
Kontaknommer:082 3333 446
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site