By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sensation Boats

Sensation Boats het stadig maar seker ontwikkel tot die toonaangewende vervaardiger van ontspanningsbote in Suid-Afrika. Met die verkenning en ontwikkeling van die mees innoverende produksiemetodes van industrieleiers in Nederland, Frankryk en Amerika, het die tweelingbroers André en Riaan van Helsdingen onvermoeid gewerk om op die voorpunt van ontluikende tendense en konstruksietegnieke te bly.

Honderde tevrede eienaars getuig van hulle fantastiese bote. Met meer as twintig verskillende modelle wat wissel van 14 tot 31 voet - of jy dit wil gebruik vir watersport, vaar, verken of net kwaliteit tyd spandeer in die buitelug - Sensasion Boats het die regte boot vir jou!

Gedurende 2003 het hulle die gesogte Sakeman van die Jaar-toekenning ontvang. Sedertdien het hulle talle ander toekennings gekry. Sensation Boats vervaardig produkte met trots en inspekteer elke boot wat die fabriek verlaat persoonlik, om te verseker dat dit volgens die hoogste standaarde gebou is. Hulle is werklik die leiers in die bootbou besigheid.
Kontaknommer:016 366 1630
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site