By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Solidariteit Regskliek

Die vakbond Solidariteit het gister die eerste slimfoon-app in Suid-Afrika, wat op die abeidsreg gefokus is, geloods. Hierdie app, enig in sy soort, het ten doel om gebruikers daarvan die gerief te gee om arbeidsregsadvies in Afrikaans in die palm van hul hand beskikbaar te hê.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof by Solidariteit, is die ontwikkeling en beskikbaarstelling van hierdie app net nog ’n stap wat die vakbond neem om binne ’n alewig veranderende omgewing die beste diens aan sy lede te bied. “Deur middel van Regskliek het gebruikers direkte toegang tot ’n regskenner wat al hul regsvrae op ’n vinnige en maklike manier kan beantwoord,” het Kruger gesê.

Lindie de Beer, Solidariteit se bestuurder van elektroniese kommunikasie, verduidelik dat Regskliek ’n een-stop regshulpmiddel is wat op alle werkende mense in Suid-Afrika van toepassing is. “Gebruikers kan hierdie app gebruik om hul dienskontrakte na te gaan, testamente op te stel en kontraktemplate af te laai,” het De Beer gesê.

Regskliek beskik oor die volgende eienskappe:

Vinnige diens, gebruikersvriendelik
Arbeidsreg: alles wat jy moet weet
Regsvrae wat reeds beantwoord is
Wette in Afrikaans
Vind die KVBA-kantoor naaste aan jou
Die nagaan van jou dienskontrak
Alles wat jy van regstellende aksie moet weet
Die opstel van jou testament
Gesels met ʼn regskenner
Meld jou regsaak aan
Direkte geselsdiens, op weeksdae van 08:00 – 16:00
Kontraktemplate
Artikels oor siviele en kriminele reg
Alle inhoud beskikbaar in Afrikaans!
Regskliek kan op beide die iStore en Google Play Store afgelaai word.

Klik klik, maklik.
Kontaknommer:SMS die woord APP na 34802 (R2)
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site