By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

St Lorient

St Lorient het vir die eerste keer sy deure oopgemaak in 1979. Die besigheid het spoedig uitgebrei na verskeie takke en later is besluit om alles te konsolideer met slegs dié ikoniese gebou  by die Brooklynsirkel in Pretoria.  

St Lorient is sinoniem met styl, glansryke mode en ontwerp, ongeag of dit ’n rooi tapyt geleentheid, matriekafskeid, ’n droom trourok of uitrustings vir die gevolg is.

Hulle bied ook die unieke geleentheid om ’n diverse versameling kunswerke te besigtig en te koop met gereelde kunsuitstallings op die “Rooftop” en in die “Viewing Room”.

Hulle sal elke kliënt se droom verwesentlik. St Lorient se hoogs bekwame ontwerpers, is in staat om oornag, enige unieke voorkoms te ontwerp. 

St Lorient – ’n samevloeiing van mode en kuns.

Kontaknommer:012 460 0284
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site