By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Stellenbosch Tegnologie Sentrum

Die Stellenbosch Tegnologie Sentrum en Laboratorium vir Gevorderde Vervaardiging, is deel van die Universiteit Stellenbosch se Departement Bedryfsingenieurswese. Die sentrum is gebaseer op drie fokusareas: Navorsing en Ontwikkeling, Innovasie Aksieprojekte en Onderwys en Opleiding.

Hul missie is eenvoudig - Om nuwe navorsing, hulpbron-doeltreffende oplossings te lewer en om klein en medium ondernemings te ondersteun met vinnige produkontwikkeling, opleiding en opvoeding van hoë gehalte.

Die nuutste toerusting vir beide subtraktiewe en additiewe vervaardiging word gebruik om die hoë kwaliteit uitsette wat reeds gevestig is, te handhaaf. Dit sluit in omvattende tegnologie-oordrag na die bedryf, sowel as intensiewe nasionale en internasionale samewerking.

Die Stellenbosch Tegnologie Sentrum bied ook dienste aan met betrekking tot omgekeerde ingenieurswese en produkontwerp, prototipering en proseskettingontwikkeling, sowel as metrologie vir deelinspeksie.

Deur die jare het die sentrum 'n groot kliëntebasis ontwikkel, insluitend vennote uit die gereedskap-, motor- en mediese industrie. Hulle werk nou saam met hulle vennote in die lugvaartbedryf om proses-kettings te ontwikkel, te maatstaf en te verbeter vir byvoorbeeld titanium komponente met hoë toegevoegde waarde.
Kontaknommer:021 808 4234
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site