By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

TimberLife

TimberLife ontwikkel houtbehandelings-produkte  met die hoofdoel om hout te beskerm teen insek- en swam aanvalle asook teen waterindringing en fisiese verwering, om sodoende die lewensduur van alle houtprodukte te verleng.

TimberLife se produkreeks dek die hele spektrum van houtverduursamings- en houtbeskermingsprodukte, wat in die verskillende marksegmente van houtbehandeling gebruik word. Dit sluit in die industriële swaardiens houtverduursamingsmiddels en die selfdoen houtbeskermings- en afwerkingsprodukte.

Alle houtbehandelingsprodukte in die TimberLife produkreeks is “Uniek en trots eie aan TimberLife”. Al die produkte word inhuis ontwikkel en ook suksesvol kommersieël beskikbaar gestel deur hulle eie tegniese personeel.

Timberlife – verskaf lewe aan hout.
Kontaknommer:012 803 8595
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site