By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

WST Mini Maxi Loads

WST Mini Maxi Loads het in 2004 begin met `n enkele 6 kubieke meter trokkie, vanweë die groot behoefte vir sand en aggregaat in die Rustenburg area. Vandag voorsien hulle bestellings van so klein soos `n ½ m³, tot bestellings van 30 000 m³ aan die konstruksie-, siviele-, industriële- en mynsektor.

WST sal in al jou behoeftes voorsien – groot of klein – reuse mynmaatskappy of Jan Alleman – daarom is hulle leuse: “NO LOAD TOO BIG, NO LOAD TOO SMALL, WE WILL DO THEM ALL”.

WST staan vir kwaliteit, stiptelikheid en eerlike diens WST Mini Maxi Loads vervoer nie net sand en aggregaat nie – hulle is ook verskaffers daarvan teen uiters kompeterende pryse. Hulle doen gratis kwotasies en dryf handel in ‘n radius van 200 km rondom Rustenburg.

WST Mini Maxi Loads – buigbaar vir kliëntetevredenheid, grootmaat kapasiteit en altyd beskikbaar. Besoek hulle webwerf en Facebookblad vir spesiale aanbiedings en vele meer.
Kontaknommer:014 592 0444
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site