By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Waltkon Vleisgroep

Waltkon Vleisgroep is betrokke by elke faset van produksie. Die besigheid het aanvanklik as ʼn boerdery in 2000 begin onder leiding van Jaco van der Walt. Daar is grotendeels geboer met beeste en besproeiingsgewasse. 

Die plaas Roodepoort, 20 km buite Naboomspruit teen die Waterberge, word aangewend vir die aanplanting van mielies, hawer en “sugargraze”, om op groot skaal, ruvoer vir hul voerkrale te produseer. 

Die voerkraal kan tussen 9000 tot 10000 beeste akkommodeer en speenkalwers word regoor Suid- Afrika aangekoop. Kallers word tussen 4 en 6 maande lank gevoer tot slaggereed vir die Abattoir. Veeartse is deurentyd byderhand om ʼn oog oor die beeste se gesondheid te hou.

Waltkon Abattoir voldoen aan al die streng vereistes wat op rooivleis-produksie in Suid Afrika van toepassing is. Om hierdie rede is daar streng maatreëls en beheerstelsels in plek om te verseker dat slegs die beste kwaliteit rooivleis geproduseer word. Tussen 700 tot 800 bees en 500 varke word per week by die Abattoir geslag. 

Die Groothandel afdeling verwerk, verpak en versprei die vleis volgens kliënte se behoeftes. Die vleis word na besighede, supermarkte en slaghuise in Limpopo, Gauteng, Noord-Wes en Mpumalanga versprei.

Met Waltkon se eie vloot verkoelingstrokke, word die koue ketting van slag tot aflewering nooit verbreek nie. Waltkon vleis is vars, gehalte vleis. 

Waltkon kleinhandel is die groep se eie slaghuis in Naboomspruit wat spog met hulle eie puik vleisprodukte en vele meer. By Waltkon slaghuis kry jy byvoorbeeld, letterlik die beste biltong en droëwors in die kontrei. 
Daar is ook ʼn puik bakkery vir onder andere vars brood, rolletjies en sappige koeksisters. Vars plaasmelk is ook beskikbaar. Waltkon Slaghuis se slagspreuk is baie gepas: “Dis mos BRAAIVLEIS!!” 

Dit is duidelik dat Waltkon Vleis groep betrokke is by elke stadium van die produksieketting. Van die voer wat die beeste vreet, tot die vleis wat op die braaier beland. Waltkon hou hulle by die bekende  gesegde wat lui - As jy iets gedoen wil hê.....doen dit self. Dié houding sorg dat die kliënt net die beste gehalte vleis op sy tafel kry.

Deur elke fase van hulle produk self te hanteer kan Waltkon Vleis Groep met 100% sekerheid sê dat hulle presies weet waar hulle eindproduk vandaan kom. Verbruikers kan net so seker wees van topgehalte vleis. 

Daar is net een woord sinoniem met rooivleis - Waltkon Vleis.
Kontaknommer:014 743 3797
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site