By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

24 Hour Maintenance Group

24 Hour Maintenance Group het 20 jaar gelede begin as ‘n eenmansaak en het meestal gekonsentreer op elektrisiteit en loodgieterwerk.

Vandag doen hulle alles - die installering van geëlektrifiseerde heinings, hekmotors, motorhuisdeure en motors, onderhoudskontrakte vir residensiële en industriële eiendomme, bouwerk en instandhouding, swembadherstelwerk asook die herstel, waterdigting en verf van dakke.

24 Hour Maintenance Group – hulle diens strek dwarsoor Gauteng, met takke in Johannesburg en Pretoria.

24 Hour Maintenance Group het ook ‘n volledig toegeruste fabriek waar alle staal-konstruksiewerk gedoen word, soos die maak van industriële oproldeure, huishoudelike skuifhekke, sekuriteitshekke en diefwering.

Hulle nuutste toevoeging is ‘n volledig toegeruste plaagbeheer-afdeling waar hulle enige plaag uitroei en ‘n sertifikaat uitreik met betrekking tot die behandeling en toediening van die betrokke gifstowwe en beheermetodes wat toegepas word.

24 Hour Maintenance Group – volledige dienste dwarsoor Gauteng.
Kontaknommer:0800 014 804 of 076 666 5926
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site