By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Apple Tool & Gas

Apple Tool & Gas in Gants Plaza, Strand, is ‘n spesialis leweransier van ‘n wye reeks gereedskap, hegstukke, veiligheids-toerusting,  boute, moere en skroewe aan professionele, sowel as huiseienaars en Doen-dit-Self entoesiaste.

Apple Tool & Gas se produktereeks sluit in:
kraggereedskap, sweisgereedskap met ‘n verskeidenheid bybehore, hegstukke (enkel of grootmaat) en veiligheidsdrag. Hulle bied ook algemene hardeware, handgereedskap, deure en handvatsels, koordlose gereedskap, sowel as vlekvryestaal kabels en bykomstighede. 

Gehalte is belangrik vir Apple Tool & Gas, en daarom voorsien hulle internasionaal bekende en betroubare handelsname soos Bosch,  Dremel, Festool, GAV, Hitachi, Makita en Metabo. 

Die vriendelike en kundige personeel by Apple Tool & Gas staan altyd reg om aan klante advies en bystand te verleen. 
Kontaknommer:021 854 4485
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site