By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bark Unlimited Organics

Varing Kwekery het begin met varings kweek, maar die publieke aanvraag na hulle kompos was so groot dat die onderafdeling “Bark Unlimited Organics” gestig is.

“Bark Unlimited Organics” is vervaardigers en verskaffers van die beste gehalte 100% organiese kompos en groeimediums in die land en versprei self die produkte hoofsaaklik deur kleinhandel kwekerye en ook direk aan die publiek deur hulle webtuiste.

Bark begin die vervaardigingsproses met ongekontamineerde rou materiale en het ‘n spesifieke resep wat gevolg word om by die hoë kwaliteit eindproduk te kom. Hulle voeg geen chemiese middels by om die komposteringsproses aan te help nie en die resultaat is ‘n 100% organies natuurlike produk.

“Bark Unlimited Organics” – kwaliteit met resultate.
Kontaknommer:012 111 0947
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site