By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Builders

Builders is die winkel van keuse vir alle bou, doen-dit-self en huisverbeteringsprodukte. Vandag is hulle trots om 103 winkels te bedryf in Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek en Zambië, met die Afrika uitbreidingsprogram wat steeds voortgaan. Builders is passievol om mense te help bou aan 'n beter lewe met 'n verbintenis om hulle kliënte en mekaar by te staan.

Die essensie van die Builders besigheid is boumateriaal, doen-dit-self en huisverbetering-produkoplossings. Daarom maak dit sin dat hulle, hulle gemeenskapsinisiatiewe fokus op projekte wat omgewings ondersteun en bevorderlik is vir leer - soos skool-opknappings. So help hulle mense om meer selfversorgend te wees, wat uiteindelik lei tot die bou van 'n beter Afrika.

Builders bied kwaliteit materiale en volledige projekoplossings, met alles wat jy nodig het om opgelei en geïnspireer te word om dit te doen, gekoppel aan eenvoudige, betroubare en nuttige diens. Hulle Builders Finansiële diens produkte, is daar om jou te help om jou projekte te finansier deur middel van hulle derde party finansiële diensverskaffers.

As jy ’n kontrakteur is, is Builders daar om elke behoefte te bevredig met 'n toegewyde Sleutel rekeningbestuurder en die sleutelpersoneel by die ‘Customer Contact Centre’ wat jou ondersteun.
As 'n verbruiker, is jy gewaarborg om een prys te kry oor al hulle kanale, uitgebreide promosies om jou te help beplan, koop en bespaar – met hulle ‘gesemente beste prys belofte’ elke dag.

Dit gaan nie net oor goeie besigheid doen nie. Die Builders filosofie kan gesien word in hulle vele ‘Eco Wise’ volhoubaarheidsinisiatiewe. Deur gebruik te maak van 'n kombinasie van alternatiewe beligting in hulle winkels, die gebruik van boorgatwater of reënwater om hulle waterverbruik aan te vul, asook opleidingsprogramme om kliënte te help om water en geld te spaar - begin hulle so die reis tot volhoubare lewe.

Vir promosies en om in te teken op hulle nuusbrief, besoek builders.co.za vandag.
Kom na Builders - kry dit gedoen! 
Kontaknommer:0860 284 533
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site