By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Coastal Timber Mouldings

Coastal Timber Mouldings is ‘n familiebesigheid op Hermanus wat houtprodukte vervaardig en in Januarie 2017 hul vyftiende verjaarsdag vier. 

Coastal Timber Mouldings vervaardig beide standaard- en pasgemaakte produkte soos vloerlyste, tong-en-groef plafon- en vloerplanke, kroonlyste en ander profiele uit Suid-Afrikaanse 
Denne-, Meranti- en Akkerhout. 

Hulle vervaardig en verkoop ook dekking en ander hardehoutprodukte vir buitegebruik, soos pergolas, handreëlings en heinings. 

By Coastal Timber Mouldings kry kliënte unieke produkte van hoë gehalte wat volgens hulle spesifikasies gemaak word, teen vervaardigerspryse. 

Elke produk word per bestelling gemaak, dus vind geen massaproduksie plaas nie. Coastal Timber Mouldings is ook die enigste leweransier van sy soort in die Overberg omgewing. 

En Coastal Timber Mouldings is die trotse verspreider van Rubio Monocoat Olie, wat hout natuurlik kleur en beskerm. 
Kontaknommer:028 313 2183
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site