By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

ConTech Material Handling Solutions

ConTech Material Handling Solutions is in 1993 begin as ’n ingenieurs-maatskappy, wat spesialiseer in die konstruksiebedryf. Omdat hulle ’n klein tot medium grootte familiebesigheid is, moes hulle, hul beperkte reserwes, masjienerie, transport en mannekrag, op ’n innoverende en effektiewe manier gebruik.

Oor die afgelope 23 jaar, het ConTech ’n leemte in meeste besigheidsektore geidentifiseer, vir produkte en toerusting wat die veilige en effektiewe transport en stoor van materiale, produk en afval verseker. In 2015, begin hulle produkontwerp en teen 2016 het verskeie nuwe produkte die lig gesien.

Met hulle eie CAD-ontwerpdiens vir al jou spesifieke benodigdhede, maak ConTech ’n reeks toerusting en bybehore vir Hys-masjienerie – insluitend selfkantel-mandjies, selfkantel-boothouers, materiaal-silo’s, personeel-en toerustinghokke, hys-hefbome en enige spesifiek ontwerpte materiaal-hanteringstoerusting. 

ConTech bied ‘n vol 1 jaar waarborg en ‘n 50% terugkoop aanbod as jy nie binne 1 jaar tevrede met hulle produk is nie – DIT is diens!
Kontaknommer:031 705 5196
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site