By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Crime Stop Systems

Crime Stop Systems in Tiegerpoort, Pretoria-Oos, voorsien doeltreffende nie-dodelike verdedigings tegnologie wat in Suid-Afrika vir SA toestande ontwikkel is. Hulle strewe na drastiese intervensie in plaasaanvalle. 

Die pro-aktiewe outomatiese rubberkoeël masjien verras indringers met ‘n sarsie van 50 rondtes rubbermissiele in 5 sekondes en  herhaalde sarsies daarna indien ‘n indringer voor sy oog verskyn. Oorverdowende knalle dra by om ‘n omgewing van skok, pyn en vrees te skep.  Indringers is gewoonlik totaal onbewus van die bron. 

Die klankblaser sirene bars los met ‘n verlammende vierkant-golf klankpatroon wat breingolwe verwar, om inbrake te beëindig. Die valstrik Gunsafe-kluis mislei aanvallers met ‘n “lokaas” van geredelik beskikbare sleutels. Wanneer geopen, gaan stremmende alarms af en word gewapende reaksie ontbied. Dit gee beheer aan die inwoner terug soos inhiberende klank en traangas die omgewing vyandig maak en hulp ontbied word.
Adres:Pretoria, Gauteng
Kontaknommer:079 489 1243
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site