By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Cycads Unlimited

Cycads Unlimited kwekery op Kameeldrift-Oos spesialiseer in die kweek en verkoop van Suid-Afrikaanse broodboomspesies. Met ‘n volledige versameling van meer as ‘n duisend moederplante, is die kwekery in staat om saailinge te kweek en beskikbaar te stel aan die nasionale en internasionale mark. ‘n Verskeidenheid Afrika-broodboomspesies asook alwyne word te koop aangebied. 

Die onderneming bied nagenoeg die volle spektrum van inheemse spesies, in verskillende groottes van saailinge tot volwasse plante aan. Die plante is gesond en gevestig; dus kan die kliënt dit met gemoedsrus aankoop en plant. 

‘n Reeks produkte vir die plant en versorging van broodbome word verkoop. 

Cycads Unlimited beskik oor ‘n aanlyn-winkel wat die kliënt in staat stel om in die gerief van sy eie omgewing plante aan te koop. 

Met vriendelike en professionele personeel wat spesialis advies lewer oor die identifikasie en versorging van broodbome, geniet Cycads Unlimited se kliënte deurgaans ‘n puik koopervaring. 
Kontaknommer:012 544 9001
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site