By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dubai Centre

Sedert 1994 bied Dubai Centre in Dewald Hattingstraat, Benoni, 'n verskeidenheid tuisprodukte aan instapkliënte en besighede soos hotelle, restaurante en dies meer.

Dubai Centre voorsien onder andere stofferingmateriaal, gordyne en bybehore, 
meubels, materiale, blindings, matte,  kramery, breekware, linne en nog baie meer.

Waseem en sy span lewer uitstekende diens en sal uit hulle pad gaan om kliënte te help. Hulle sal selfs metings en die installasie van jou gordyne of blindings kom doen.

Die top klas diens is gekoppel aan net die beste pryse. Dubai Centre is ’n een-stop tuisdékor winkel met alles wat jy mag nodig kry, onder een dak.

Dubai Centre is regtig 'n paradys waar jy kan koop tot jy omval. Hulle is oop op Sondae en openbare vakansiedae.
Kontaknommer:011 845 4901/2
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site