By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

EPR Sekuriteit

Van die oomblik dat jy deur die hek ry by EPR Sekuriteit in Randfontein tot jy instap in die hoogs gesofistikeerde SAIDSA goedgekeerde beheersentrum, weet jy dat jy te doen het met ‘n uiters professionele onderneming, en jy kan sien waarom hulle die afgelope 22 jaar as die  leiers op die terrein van elektroniese sekuriteit en gewapende reaksie aan die Wes Rand beskou word.  

EPR word deur ‘n span  deskundiges bestuur en heg ook baie waarde aan hulle personeel. Hulle voorsien die volledige spektrum sekuriteitstoestelle en –dienste. Die “RED Eye”  geslotekring kamerastelsel gekoppel aan ‘n beheersentrum wat deur opgeleide reaksie-eenhede gerugsteun word, is net die oplossing teen misdaad in jou omgewing. 

Van die basiese tot die mees gesofistikeerde geïntegreerde indringer-opsporingstelsels met visuele verifiëring word deur EPR Sekuriteit voorsien. Indien jy ernstig is oor  sekuriteit, nooi eienaars Johan & Karien Booysen  jou  om deel te word van dié suksesresep.

Kontak EPR vandag nog vir volkome gemoedsrus en oplossings. 
Adres:Randfontein
Kontaknommer:0861 692 195
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site