By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Essies Houtmeubels

Essies Houtmeubels in Onderstepoort, Pretoria, is ‘n familiebesigheid wat sedert 2001 uniek ontwerpte en doelgemaakte produkte in verskeie hardehoutsoorte lewer.

Barry Esterhuizen en sy seun, het van hulle stokperdjie ‘n besigheid gemaak en die liefde vir wat hulle doen en die aandag aan detail, is duidelik te sien in hulle pragtige meubels.

Essies Houtmeubels bou kwaliteitprodukte wat erfstukke kan word. Die ontwerpe is uniek en hulle gehaltediens spreek boekdele.

Hulle werk sluit in kroeë, slaapkamer-eenhede, eetkamer-eenhede, sitkamerstelle, oupa horlosies, koffietafels, CD rakke, wynrakke, kombuis-eenhede, loodglaswerk en binnenshuise versiering.

Essies Houtmeubels – Unieke en eksklusiewe handgemaakte meubelspesialiste – hulle vervaardig rondom jou spesifikasies.
Kontaknommer:082 225 9313
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site