By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Green Art

Green Art kwekery is op die R512 op pad na Broederstroom en Brits geleë, met die ingang drie kilo’s verby Lanseria Lughawe. 

Green Art doen landskapinstallasies, besproeiing, harde landskaperings soos plaveisel en bouwerk, regte klipwerk sowel as korporatiewe tuinonderhoud. 

Die  spesialisveld genaamd “oopgrond-bome” behels die verskuiwing van bome wat in die pad van ontwikkeling staan. Bome se lewens word gered deur verplanting na ‘n ander deel van die terrein, of deur hulle in ‘n kwekery te versorg totdat ‘n nuwe perseel gereed is vir terugplanting.

By  Die ou Plaashek Opstal op dieselfde perseel kan jy vir enige funksie bepreek en heerlik onder  sulke  bome  kuier.
Kontaknommer:083 625 0603
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site