By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Greenside Kwekery

Greenside Kwekery in Tafelberglaan, Langenhovenpark, in Bloemfontein, is ‘n tuinbouersparadys wat ontdek moet word. Vir die afgelope 21 jaar bied hierdie familie-onderneming, met Jan van Blerk aan die stuur van sake, net die beste, as dit by tuinbou, advies en gehalte plante kom.

Greenside Kwekery se teetuin is ook uit die boonste rakke en baie kliënte kom hiernatoe, om heerlik onder die bome te kuier en te smul aan die tuisgebak terwyl die kleingoed in die lekker speelarea baljaar.

Verskeidenheid is die wagwoord by Greenside Kwekery en dis duidelik te sien in die wye reeks van plante, allerhande kwaliteit tuin-toebehore, watervalle en tuinbougereedskap wat hier te koop is. 

Greenside Kwekery in Bloemfontein – aangewys as die beste kwekery in die Vrystaat in 2016. Kom kyk gerus self en sien hoekom jy beslis weer sal wil terugkom.
Kontaknommer:051 451 3042
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site