By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Handl’it

Handl’it is ’n nuwe slimfoon App. Die naam sinspeel op die engelse “handle it”. As jy ‘n elektriese probleem het – gebruik net “Handl’it” om dit te hanteer.

Die App gee jou toegang tot ‘n klomp vakmanne in jou area. Hulle uitroepfooi sowel as die tyd wat hulle beskikbaar is om by jou uit te kom, word ook aangetoon. Jy hoef ook nie klomp vakmanne te bel om by die regte persoon met die regte prys en op die regte tyd uit te kom nie.

Handlit is natuurlik net so voordelig vir kontrakteurs om nuwe kliënte sonder enige moeite te leer ken. Die App bring die kliënte na die kontrakteur toe.

Daar is ander soortgelyke Apps, maar hulle gee jou net vakmanne se kontakinformasie en jy moet steeds ’n rits mense bel. Nou kry jy die fooie en die tyd wanner die kontrakteur by jou kan wees alles in een, sonder die rondsukkel of redekawel.

Maak jou lewe soveel makliker – gebruik net Handl’it.
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site