By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoffmann Rugs

Hoffmann Rugs in Pinetown is gestig deur 'n Duitse immigrante familie na die Tweede Wereldoorlog. Dit het 'n familiebesigheid gebly en 'n Hoffmann-dogter is steeds mede-eienaar.

Dit is 'n matvervaardiger met 'n verskil. Hoffmann Rugs handweef matte in enige grootte, kleur en feitlik enige ontwerp, pragtig op maat gemaak in wol, sybokhaar en katoen tot 'n maksimum breedte van 5,7 meter met enige lengte.

Die produk is uniek, handgemaak en van uitstaande kwaliteit met betrekking tot die materiaal wat gebruik word en die afwerking. Vinnige afleweringstye is 'n bonus. 

Hoffmann Rugs pas by hulle kliënte se idees, behoeftes en afleweringsdatums aan. Dis 'n vindingryke kliënt se droom en hulle is gewild by binneshuise versierders van eksklusiewe projekte soos wildreservate.

Hoffmann Rugs – gehalte, kwaliteit en vakmanskap. 
Kontaknommer:082 901 5584
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site