By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hyper Midas Mosselbaai

Hyper Midas Mosselbaai het in 1993 die lig gesien. In 2006 is ‘n satelliettak in Voorbaai tussen Mosselbaai en Hartenbos geopen en het met goeie ondersteuning van die gemeenskap, uit sy nate gebars. Hyper Midas is beslis jou plek in die streek vir die grootste veskeidenheid motoronderdele, bykomstighede, olies, gereedskap en sommer kampeertoerusting ook.  

Net laasjaar het hulle in die nuwe perseel ingetrek, juis om meer plek te maak vir voorraad. Hier sal jy beslis kry wat jy benodig. Hulle voorsien nie net aan werkswinkels nie, maar sal ook uit hulle pad gaan om die “doen-dit-self” entoesiaste te help. 

Hier is oorgenoeg parkering en kliënte geniet dit om in die ruim winkel rond te snuffel. 
Midas is Suid-Afrika se grootste motor-onderdele verskaffer. Jy ken die naam en kan weet – hier kry jy net vinnige, professionele en vriendelike diens.
Adres:Mosselbaai
Kontaknommer:044 695 3101
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site