By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Lion Tarps

Sedert 1997 vervaardig Lion Tarps in Bronkhorstspruit, doelgerigte seile vir Afrika. Hulle maak standaard afmetings asook spesifieke seile op kliënte se voorskrifte. Lion Tarps voorsien seile vir vragmotors, damme, swembaddens, lapa’s, bakkies en bote. Verder maak hulle graanseile, baniere, vasmaaktoerusting vir vragmotors en selfs kantgordyne.

Lion Tarps se reuse inventaris eindig nog steeds nie daar nie – hulle vervaardig nette vir vragte en bakkies en verhuur springkastele, tente, tafels en stoele vir kampering of onthale.

Al Lion Tarps se produkte spreek van goeie vakmanskap en kwaliteit en hulle flink diens sorg altyd vir vinnige aflewerings.

Lion Tarps – net die beste in seile en vele meer.
Adres:Hv Burger- & Charl Cillierstrate, Bronkhorstspruit
Kontaknommer:013 932 4248
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site