By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Môredou Interiors

Môredou Interiors het vroeg in 1960 ontstaan as ‘n familiebesigheid deur die Burger Pa en Seun span. Intussen het die derde geslag Burger seun die bestuur van Môredou oorgeneem. Die produkreeks is dramaties uitgebrei en die kliëntebasis strek vêr - van die Kaap tot in Botswana en Namibië.

Die Môredou Lifestyle Sentrum spog met ‘n 5,000 vierkante meter uitstalruimte met toegewyde temas vir elke vertrek in die huis, jou buite-leefarea asook top gehalte kantoormeubels. Hulle spog met hoë kwaliteit, duursame en unieke meubels teen goeie pryse. Die nodige binneshuise versiering-items om enige vertrek kleurvol en huislik te maak, is ook te kies en te keur.

Kliënte kan een van die grootste en mees diverse meubeltoer ervarings by die Môredou Lifestyle Sentrum verwag. Daarby bied Môredou se personeel ‘n leeftyd se ervaring en kennis van die meubelbedryf sodat enige navrae met eerlikheid hanteer kan word. Vriendelike diens en kwaliteit meubels was en is nog steeds hulle leuse. Na-verkope diens speel net so groot rol by Môredou en dan is dit nie waar dit stop nie – hulle lewer boonop landwyd af.

Die Môredou uitstalruimte en die groot verskeidenheid van meubels en binneshuise benodighede alles onder een dak, is onge-ewenaar. Om kliënte te help met besluite kan hulle selfs die kliënt se vertrek in die uitstalruimte naboots en so die hele vertrek inkleur om ‘n visuele gevoel van die totale eindproduk te skep.

Môredou is ongeveer 1 en ‘n half uur se ry vanuit Johannesburg en Pretoria. En die uitsonderlike diens wat hulle lewer, gekoppel aan die pryse wat hulle aanbied, maak die rit absoluut die moeite werd. 

Elsje Koffi Shoppe op die perseel is wyd bekend vir heerlike koffie en waar anders gaan jy nog ‘n koffiewinkel met ‘n heerlike kaggel teen die koue winter kry?

Môredou Interiors – Binneshuise inkleding en versiering soos jy dit nog nooit ervaar het nie.
Kontaknommer:018 294 5181
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site