By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Object Furniture

Object Furniture in Die Urban Attic op Mosselbaai voorsien alles wat ‘n mens nodig het vir ‘n stylvolle interieur en eksterieur wat jou smaak en sak pas. 

Object Furniture voorsien ook ‘n buitenshuise reeks wat eksklusief vervaardig word met alle weersomstandighede in gedagte. 

Object Furniture vervaardig self en bied ‘n ryke verskeidenheid van meubelstukke, bybehore, binneversiering, blindings, sofas, stoffering, herbekleedsel en meer aan, en vervaardig ook gordyne na smaak. 

Object Furniture se produkte word plaaslik deur plaaslike mense vervaardig, en die besigheid heg groot waarde aan die vaardighede en talente van sy werknemers en leweransiers.

Kom drink gerus ‘n koppie koffie of nuttig ‘n ligte middagete by die OBJECT CAFÉ, of maak jou keuses uit die beste verskeidenheid gehalte geskenke by SEASONAL LIVING, alles onder een dak.
Kontaknommer:044 606 6800
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site