By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Pretorius Meubels

Pretorius Meubels, op Hermanus, is ‘n meubelvervaardiging en verkopemaatskappy wat ook binneversierings-items by sy vertoonkamer in Mimosastraat verkoop. 

Pretorius Meubels spesialiseer in pasmaak kombuise, ingeboude kaste, ontwerpersmeubels, strandhuismeubels, meubels wat volgens kliëntspesifikasies ontwerp word en Balau houtdekke. 

Na meer as dertig jaar in die besigheid en met uitmuntende vakmanskap, kan Pretorius Meubels enige tipe kombuis, ingeboude kas of kabinet vervaardig en installeer. Hulle vervaardig soliede houtmeubels vir binne sowel as buitenshuis. 

Kliënte is verseker van puik diens en gehalte produkte. Besoek gerus Pretorius Meubels se vertoonkamers vir décor en binneversiering in Mimosastraat waar hulle professionele kombuisontwerpers jou kan bystaan in die skep van jou unieke droomkombuis.
Kontaknommer:028 312 1804
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site