By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sleeper Warehouse

Sleeper Warehouse is nie massa vervaardigers nie, maar vervaardig volgens mense se voorkeure, presies wat in hulle smaak en styl is.  Hulle vervaardig van die kleinste tafeltjie tot volledige kombuise.  Hulle spesialiseer ook in installasies van kaggels en braaiers en  kan jou hele onthaalruimte omskep volgens jou visie. 

Hulle dwarslêerhout-skeppings sluit in binnenshuise meubels, tuinmeubels, sypaadjies, muurversierings, planthouers en meer. Die enigste ding wat hulle kan terughou is verbeelding, maar hulle het baie daarvan! Kliënte sluit in lodges, restaurante, privaathuise en kantoorgeboue.

Sleeper Warehouse se kaggel, koolstowe en braai afdeling kan enige fabrikaat en model verskaf. Hulle is trotse agente vir HomeFires, MegaMaster, Jetmaster, Godin, Palazzetti en Blaze. Professionele installasie-spanne is altyd beskikbaar om advies en ondersteuning te gee.

Railway Sleeper Warehouse - Hele dwarslêers en planke is ook beskikbaar. Indien jy spesiale snitte verlang, praat met hulle konsultante wat sal raad gee en kwoteer.
Kontaknommer:081 247 0787
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site