By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Suntek

Suntek Awnings het die louvre konsep herskryf met uiters hoë kwaliteit produkte wat ‘n 10 jaar waarborg dra. Suntek het in 1994 begin en is vandag een van die markleiers op dié gebied.

Die Suntek Louvre afdak is verstelbaar en stel jou in staat om op reëndae ‘n dak oor jou stoep te hê. In die winter maak jy die afdak weer oop om lekker sonlig by jou huis in te laat. Daar is ook ‘n afstandbeheer en jy kan dit selfs met e-tegnologie toemaak, wanneer jy nie tuis is nie.

Professionaliteit is die Suntek wagwoord. Dit geld vandat jy die eerste keer bel, deur die verkoopstagente tot by die finale installasie en nasorgdiens. Jy sal voortdurend op die hande gedra word.

Suntek produkte word alles onder een dak vervaardig sodat kwaliteit gekontrolleer kan word. So word kostes ook laag gehou en jy kry top kwaliteit teen mededingende pryse.

Suntek Adjustable Louvre Awnings – wêreldklas produkte om jou lewenskwaliteit te verhoog.
Kontaknommer:0800 203 167
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site