By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Talisa

Talisa is ‘n Amerikaans-Indiaanse woord vir “Mooi Water” – en dit is presies wat Talisa jou bied. Hulle het onlangs begin as ‘n agentskap in Suid-Afrika vir “Ecoloblue” in Kalifornië. 

Talisa is die invoerders en verkopers van atmosferiese watergenereerders, wat 99.9% suiwer skoon water uit lug uit produseer. 

Die Talisa wateropwekkers genereer water deur die lug af te koel tot by 2 grade en funksioneer optimaal met buitetemperature van 15 grade Celsius of meer. Dit werk – selfs met minder as 30% relatiewe humiditeit.

Buiten dit, voorsien hulle ook die EcoloBlue reeks sonpanele, waterfilters en alle bybehore. 

Sedert die ontstaan van EcoloBlue in 2007, het die maatskappy sy produklyn van die enkelhuis of kantooreenhede van 30 liter, gegroei, tot 'n volledige industriële lyn van atmosferiese watergenereerders van 10 000 liter, wat in serie gekopppel kan word om tot 1 miljoen liter per dag te kan lewer. 

Talisa water – jou oplossing vir gesonde water in ‘n droë land.
Kontaknommer:082 922 7149
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site