By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tefal

Groupe SEB is die wêreldleier in huishoudelike ware met 'n wye produkreeks en 'n uitsonderlike handelsnaam portefeulje. SEB Suid-Afrika is die jongste filiaal in Groupe SEB, gestig in 2013, met sy fokushandelsmerk - “Tefal”.

Vanjaar is Tefal 60. Tefal is die eerste skepper van kleefvrye kookgerei na Marc Gregoire sy vrou se panne met Teflon bedek het. Teflon is nou vervang met 'n hoë gehalte PTFE met die fokus op gesonde en volhoubare produkte.

Innovasie is Tefal se kern-identiteit. Kyk na die die “ActiFry” - die eerste lae-vet diepbraaier. Slegs 1 eetlepel olie vir 1 kilogram skyfies. Geen voorverhitting is nodig nie en dis onnodig om te roer, danksy die outomatiese roerspaan. Actifry waarborg homogene gaarmaak (van voorgereg tot nagereg).

Tefal se nuutste innovasie is die “OptiGrill” - die eerste elektriese rooster met Presisie Braai Tegnologie, wat kos kook volgens jou voorkeur, gebasseer op die gekose programkeuse. Dit dui ook aan wanneer kos lig-, medium- of goed gaar is.

Tefal - hulle hou oë op die nuutste tegnologie en verbruikers-tendense om top-gehalte, gebruiksvriendelike kookware en toestelle te lewer.
Kontaknommer:010 020 1730
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site