By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Pine Gallery

Mense het al vergeet hoe mooi dennehout kan wees en by die Pine Gallery in Hoedspruit en Tzaneen, wys hulle jou hoe om van gewone “pine,” ‘n unieke kunswerk te skep.

Die Pine Gallery verkoop rou dennehout-items en meubels vir die kreatiewe selfdoener. Hulle voorsien ook ’n reeks geverfde items. Hier is ‘n groot verskeidenheid om van te kies en te keur, vir elke smaak onder die son. Dan is daar ook ander dekor-bykomstighede. Die Pine Gallery voorsien ook ‘n groot reeks laser-gesnyde MDF produkte vir die selfdoener en verskaf ook “Gripseal Stein” produkte en “Granny B’s” gipsverf en stensels.

Die Pine Gallery is vriendelik en die kundige advies is natuurlik gratis. Volledige naverkopediens is net so hoog op hulle agenda. Alles word soos in ’n Gallery uitgestal sodat kliënte rustig en gemaklik keuses kan maak.

Die Pine Gallery in Hoedspruit en Tzaneen – bring die kunstenaar in jou na vore.
Kontaknommer:015 793 2316
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site