By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tools & Things

Tools & Things in Middelburg is gestig in Julie 1999. In 2012 het hulle ‘n groot mylpaal bereik deur in hulle eie reuse gebou in te trek - 1550 vierkante meter van gereedskap en goeters, te kies en te keur.

Vir Tools & Things gaan dit nie net oor die produkte wat hulle verkoop nie. Hulle word gedryf deur integriteit, toewyding, passie, innovasie, kwaliteit en bo alles, voortreflike diens. Hulle streef na langtermyn-verhoudings met kliënte deur hulle te voorsien met kwaliteit toerusting, sodat hulle die besigheidsukses wat hulle verdien, sal bereik.

Onder hierdie dak het hulle letterlik alles – groot gereedskap, spesiale gereedskap, Presissie- en sny gereedskap, saamgeperste lug en elektriese handgereedskap, gastoerusting, las- en meetgereedskap en hystoerusting.

Verder is hier ook ‘n volledige elektriese afdeling onder die bestuur van ‘n professionele elektriese ingenieur.

Tools & Things - Meer as 36 000 items in voorraad met puik afslagpryse. Hulle verseker die laagste kwotasie - enige tyd. 


Adres:Middelburg
Kontaknommer:013 244 1070
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site