By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wondercoat Professional

Wondercoat is gestig in 1973 en is een van die oudste verf-name in Suid-Afrika. Dit maak Wondercoat ‘n gekende produk in die verf industrie met vele verf-aanwendings.

Met ‘n fabriek in Gauteng, en takke in Port Elizabeth en Welkom, word Wondercoat produkte versprei na alle areas in die land vir ‘n betroubare en professionele keuse in verfbenodighede. Met die stigting van Wondercoat het hulle ook een van die grootste verfkontrakteur-operasies besit en het so waardevolle insig verkry in die behoeftes van groot kontrakteurs.

Die Wondercoat reeks sluit alles in – dekoratiewe muurverf, dakverf, houtverf, metaalverf, vloerbedekkings, verseëlaars, industrieële verwe en water- en vogdigting.

Wondercoat – gewaarborgde kwaliteit-produkte wat hulself deur die jare oor en oor bewys het. Dis die professionele keuse vir gemoedsrus.
Kontaknommer:011 793 1101
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site