By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ellies Electronics

Ellies Electronics is in Augustus 1978 begin deur Ellie Salkow. Hy het begin met die verkoop van antennas uit die kattebak van sy motor. Hy het sy eerste tak met 5 werknemers begin.

Tans het Ellies Electronics 'n personeel kompliment van 1500, met takke in Johannesburg, Durban, Polokwane, Port Elizabeth, Bloemfontein, Nelspruit, Kaapstad, Oos-Londen, Namibië, Botswana, Swaziland en baie Afrika-lande, deur middel van ons agentskap vennote.

Ellies hou altyd 'n ogie te hou oor nasionale en internasionale tendense. Hulle het betrokke geraak in hernubare energie in 2011, met 'n unieke winkel binne 'n winkel konsep. Ons hernubare energie-afdeling bied die nuutste produkte in kragbesparing tegnologie aan verbruikers en klein of groot besighede gelyktydig. Ons bied “turnkey” oplossings deur 'n voornemende kliënt te voorsien van markleidende energie-doeltreffende oplossings, wat wissel van LED-beligting, energie-doeltreffende krag ondersteuningstelsels en topklas sonnenergie-stelsels, ontwerp rondom die kliënt se behoeftes en waterbesparing oplossings.

Ons is trots om 'n opwindende verspreidergeleentheid, wat gemik is op klein sake-eienaars en entrepreneurs in die handelsektor, van stapel te stuur. Ons “Green Power Expert” geleentheid help om die huidige energiekrisis in Suid-Afrika en baie Afrika-lande te verlig. Dit ondersteun van die verbruikers wat sake-druk ervaar vanweë die stygende koste verbonde aan energieverbruik. Verder ondersteun dit die globale noodsaaklikheid vir 'n ‘groener’ planeet.

Verspreiders kry 'n topklas mobiele vertoonlokaal waaruit hulle, hulle besigheid bedryf en het die voordeel van 'n omvattende hernubare energie produkreeks. Dit sluit in energiedoeltreffende LED-beligting, waterbesparende toestelle, reserwe battery omkeer stelsels, sonkrag oplossings vir aan-en-af ruitnet-stelsels en 'n energie-oudit proses vir akkurate besparingskwotasies aan verbruikers en besighede.

Die mobiele vertoonlokaal is 'n kragtige aktiveringsinstrument, wat 'n volle reeks van voorraad items en 'n vertoonmodule insluit, wat ten volle toegerus is om die besparings- en vereistes-doeltreffendheid van die produkreeks te demonstreer. Lisensiehouers werk dan grootliks via afprake en op 'n persoonlike basis met 'n voornemende kliënte; hulle verduidelik en help die kliënt om die waarde van die hernubare energie-oplossings te verstaan .

Ons verspreiders in staat is om te evalueer, in te lig, op te voed, te demonstreer, en selfs energie-oudits uit te voer. Hulle word verder toegerus om die voorgestelde en ooreengekome oplossing, namens die kliënt te installeer. Dit is die beste en gemaklikste ervaring vir enige potensiële kliënt om 'n “Green Power Expert” net na sy eie huis of sakeperseel te nooi.

Die koste van so mobiele eenheid is R150 000 uitsluitend BTW. Dit sluit in jou verspreidingsooreenkoms, verpligte produk opleiding, 'n Ellies mobiele vertoonwa, met die keuse van 'n sleepwa eenheid of 'n tuk-tuk, ‘n eksklusiewe selfoon App om direkte energiedoeltreffendheid-oudits te kan doen, plus jou aanloop voorraad. Daar is geen deurlopende tantieme of bemarkingsfooie nie. 

Daar is ook 'n goedkoper opsie wat slegs R46 000 behels. Kontak hulle gerus om meer daaroor uit te vind. 

Verpreiders moet die 5-dag Opleiding Werkswinkel voltooi wat in-diepte produk en tegniese kennis insluit, met  bykomende fokus op die verkope en bemarking aspekte vir hulle onderskeie sake.

Watse nuwe tegnologie het Ellies waarvan ons moet weet?
Ellies Electronics het pas die "Lamp for life” ingebring - die nuutste in LED tegnologie. Die reeks sluit gloeilampe vir beide residensiële en kommersiële market in. Die lampe skakel onmiddellik aan, met geen opwarmtyd of flikkering nie. Elke produk in die reeks dra 'n 25 jaar waarborg, gebaseer op 4 ure se gebruik per dag. Hierdie waarborg is moontlik as gevolg van die unieke “Crystal-Drive” tegnologie wat voortdurend die hitte binne elke lamp beheer. Die "Lamp for life” produkreeks sluit skroef en bajonet in, dek-ligte, klein inskroef voetjies, en nog baie meer. Dit kom in warm-wit en koel-wit.

Die “Mighty-Lite” is 'n spreilig wat funksioneer met sy eie sonpaneel. Dit beteken dat daar geen elektrisiteit verbruik. Dit is perfek vir veiligheid in woongebiede, kommersiële geboue en in die landbousektore. Dit bevat 'n sensor wat beweging optel om die lig te aktiveer. Dit kom ook met 'n afstandbeheer, sodat jy die lig kan aanskakel wanneer jy wil. Die “Mighty Lite” kom in 8 W, 16W en 28W variante, met al die komponente wat nodig is, klaar gepak.

Die nuwe T5 en T8 LED buis tegnologie, is ons tans besig om te ontwikkel. Dit het “dimmer” beheer, kan gebruik word met die bou van energie bestuurstelsels, dit gemaak met 'n veilige en sterk plastiese buis. Die produk bevat geen kwik nie en is veilig om te gebruik in kosomgewings. Die Ellies LED tegnologie, insluitend die T5 en T8 buise het 'n veel langer leeftyd as die normale ‘fluorescent’ glasbuise en gebruik ook nie ekstra balansgewig nie. Dit beteken dat as die LED tegnologie in die toekoms verander, sal jy nie enige ekstra geld hoef te bestee op die vervanging van balansgewig nie.
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site