By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vegiking Lifestyle Supermarket

Vegiking Lifestyle Supermarket in Secunda ry letterlik daagliks daai ekstra myl – al die pad mark toe - om vir hulle kliënte net die beste en varsste groentes en vrugte te kry.

Sedert 2016 voorsien hulle net die beste spesialis vars produkte hier in die Lifestyle sentrum. Buiten dit is Vegiking ook ’n supermark met al die normale produkte wat jy mag nodig kry – weereens net die beste teen beskostigbare pryse.

Vegiking se bakkery voorsien net die varsste en lekkerste en die puik diens wat jy by die vriendelike personeel hier ontvang, sal jou weer en weer laat terugkom.

Vegiking Lifestyle Supermarket – kwaliteit produkte, hulpvaardige diens en goeie pryse – jy het niks meer nodig nie.
Kontaknommer:017 634 1751
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site