By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

ASI

ASI is ‘n gevestigde maatskappy wat spesialiseer in die ontwikkeling van produksieplase, en lewer ‘n unieke diens aan opkomende kleinboere in Suid-Afrika. 

Kleinskaal boerdery kan net suksesvol wees mits daar van ‘n paar uiters belangrike en kritiese risikofaktore ontslae geraak word.

ASI het ‘n werkende en suksesvolle model geskep wat ‘n sukkelende, of dalk anders verrinneweerde plaas, omskep in ‘n winsgewende en volhoubare produksieplaas met ‘n gevestigde mark aan hulle handelsmerk.

Hulle fokus is op werkskepping, vaardigheids-ontwikkeling, en winsgewende volhoubare besigheid. 

Kontak ASI nou en word deel van die nalatenskap vir Suid-Afrika se toekomstige opkomende boere. 
Kontaknommer:012 809 1221

Die Koöperasie

Die Koöperasie op Humansdorp is ‘n toonaangewende landboubesigheid met ‘n sterk waardesisteem wat bedryf word volgens gesonde ekonomiese beginsels. Produkte en dienste word gelewer oor ‘n reuse omgewing aan suiwel, sitrus, sagtevrugte, skaap, volstruis, pynappel- en saaiboere. 

Hulle verskaf ‘n wye reeks insette aan die landbou – volledige handelstakke, landboukundige dienste, ‘n pale-aanleg, kunsmis, veevoervervaardiging, silo’s, veeverhandeling, wapens en ammunisie en besproeiingsdienste asook unieke finansieringsopsies. 

Uitmuntende kliëntediens met die doelwit om die winsgewendheid van die produsente op ‘n volhoubare basis te verseker – is die Koöperasie se hoofdoelwitte. 

Die Koöperasie – ‘n eenstop landbouwinkel, tot almal se beskikking met unieke finansieringsopsies.
Kontaknommer:042 007 0012
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site