By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

BMG World

BMG World is as Bearing Man gestig in 1974 met ‘n enkele winkel in Durban. Met die beste vakkundiges in die industrie het BMG gegroei tot ‘n familie met vele suksesse.

Met 106 takke in sub-Sahara en ‘n ondersteuningsbasis van 70 000 kliënte in meer as 15 lande, word ‘n wye reeks ingenieursprodukte en kundige dienste gelewer.  BMG is gereed om 360 grade oplossings vir sy kliënte te lewer in die industriële-, vervaardiging-, mynbou en landbousektore.

BMG verskaf ‘n volledige reeks koeëllaers en olieseëls; kragoordrag komponente; Elektriese motors, ratkaste en hidrolika, om maar ‘n paar te noem. BMG het ook vele spesialis-werkswinkels om komponente te vervaardig of te verander volgens die kliënt se spesifikasies.

BMG se BOERSLIM konsep is 5 jaar terug geloods om te wys hoe die nuutste en verbeterde onderdele en tegnologie tot maksimum produktiwiteit kan lei.  

Die BOERSLIM produkreeks is doelgerig verbeter vir langer produkleeftyd en hoër winsgrense. 

Besoek BMG by die Nampo skou in Mei.
Kontaknommer:011 620 1500
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site