By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bethal Intermec Engineering

Bethal Intermec Engineering lewer nou al die afgelope 25 jaar net die beste ingenieursdienste hier uit Bethal. Hulle ontstaan is te danke aan hul ervaring van agri-masjienerie en toerusting, wat hulle geweet het, verbeter kon word.

Al bou en herstel hulle hoofsaaklik landboutoerusting, doen hulle ook enige staalverwante ingenieurswerk soos profielsny, buig, rol, sweis, draaiwerk en balanseerwerk.

Bethal Intermec Engineering lewer kwaliteit produkte teen goedkoper pryse as ander maatskappye, vanweë die hoë kostes van ingevoerde parte. Dienslewering dra prioriteit en hulle sorg dat elke kliënt tevrede wegloop. Hulle ontwerp en vervaardig volgens die kliënte se idees.

Bethal Intermec Engineering – topklas produkte en diens teen bekostigbare pryse.
Kontaknommer:017 647 2190
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site