By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Biomin Animal Nutrition

Biomin Animal Nutrition is 'n internasionale maatskappy en hulle kantoor in Klerksdorp bedien die hele Suider-Afrika. 

Hulle fokus veral op alternatiewe vir antibiotiese groeibevorderaars in dierevoeding, om antibiotika uit die voedselketting te verwyder en die gevaar van antibiotiese weerstand te verminder, wat kan lei tot “super bugs” wat vir die mens ‘n groot gesondheidsgevaar inhou. 

Biomin se natuurlike groeibevorderaars bied baie voordele.
 
Verskeie klasse van natuurlike groeibevorderaars- waarin probiotika 'n prominente rol speel - is reeds in die mark beskikbaar en word suksesvol gebruik. Die gebruik van probiotika in diere om gesondheid en prestasie te bevorder is nie 'n nuwe konsep nie. Op hierdie gebied, het die EU-lande 'n leidende rol gespeel en 'n totale verbod op die gebruik van antibiotiese groeibevorderaars in veevoer geplaas. 

Biomin Animal Nutrition - natuurlike oplossings, om die gebruik van antibiotika in veevoere te beperk of te vervang.
Kontaknommer:018 468 1455/6
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site