By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Blinkwater Meule

Blinkwater Meule is ’n familieonderneming wat tans ongeveer 200 000 ton mielies jaarliks direk by plaaslike boere en ook by bestaansboere in die Mpumalanga/Hoëveld omgewing koop.

Die hele jaar se mielievoorraad word gedurende oestyd aangekoop en word gestoor op die perseel en ook in verskeie silos in die omgewing. Die mielies word gemaal om drie produkte te maak. Super mieliemeel vir die plaaslike mark as stapelvoedsel, Spesiale en Fyn mieliemeel vir uitvoere asook semels, wat verkoop word aan bekende voerkrale.

Blinkwater Meule is tans besig om in elke faset van die besigheid te innoveer – om sinergieë tussen kreatiewe idees, nuwe metodes en tegnologieë wat beskikbaar is, te skep om te verseker dat hulle die voorste besigheid in die Agri en Voedselsektor word.

Die inwaartse vervoer van mielies, sowel as die uitwaartse vervoer van meel word deur Blinkwater se eie vloot gedoen van ongeveel 60 vragmotors.

Blinkwater Meule – hulle beskik oor die beste tegnologie ter wêreld.
Kontaknommer:013 282 1505
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site