By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Commondale Pale

35 Kilometer buite Piet Retief op die R33 is Commondale Pale. Sedert 1999 is hulle al die voorkeur voorsiener van bou- en omheiningsmateriaal vir die omgewing – veral in die grasdakbedryf.

Commondale Pale is uniek in dié sin dat die bestaande aandeelhouers boere van die omgewing is, wat waarde toevoeg aan hulle produkte deur Bloekombome te groei op hulle plase. 

Commondale pale word op die perseel met KCA, meer bekend as CCA behandel.  CCA is 'n akroniem vir "Koper, Chroom en Arseen". Die Koper en Chroom verbindings in die mengsel, maak die pale weerbestand en die Arseen waarborg dat geen houtetende insekte skade kan doen nie.

Jarelange fokus op kwaliteit, die gespesialiseerde vaardighede van hulle werkers, en natuurlik vriendelike diens, is Commondale Pale se wenresep.

Commondale Pale – Kwaliteit pale wat aan alle SABS-standaarde voldoen. Kontak hulle gerus.
Adres:Piet Retief
Kontaknommer:017 821 0739
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site