By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

DFert & Driehoek Kunsmis

Dfert en Driehoek Kunsmis op Bothaville is die vervaardiger en verspreider van ‘n breë spektrum voedende en verrykende kunsmisprodukte vir die landbousektor asook die tuin-industrie. 

Die maatskappy voorsien chemiese produkte, met ‘n opsie van byvoeging van organiese en biologiese komponente, direk aan klante met verskeie verpakkingsopsies. Net top gehalte rou materiaal word gebruik, om kwaliteit produkte te lewer.

DFERT en Driehoek Kunsmis het meer as vyf en dertig jaar ervaring in kunsmis-bemarking. Hulle slagspreuk is “kwaliteit produk met ‘n doel”, en gehalte word nooit ingeboet om ‘n laer prys te bewerkstellig nie. 

Die maatskappy is bevoeg en ervare om grondmonsters te analiseer en vertolk ten einde spesifieke behoeftes te bepaal en daarvolgens pasgemaakte kunsmis-mengsels te voorsien. 

Hulle kan vir klante enige kunsmisprodukte vervaardig en verpak volgens gewas en grondbehoeftes, deur die toevoeging van mikro-elemente, asook organiese en biologiese komponente indien verlang. Die maatskappy verskaf ook agronomiese advies aan klante, op versoek. 

Verder ondersoek hulle deurentyd nuwe produkte, sodat klante meer volhoubaar kan bemés vir beter oprengste. 

Hulle het so pas die nuwe DFERT Tuinreeks bekend gestel, wat beoog om passievolle tuiniers te help om hulself uit te leef op hul eie stukkie aarde. Na gebruik van dié reeks van chemiese en organiese produkte, sal jy ‘n nuwe natuur in jou eie tuin ontdek. Vir meer inligting, besoek die webwerf.

DFERT en Driehoek Kunsmis is daartoe verbind om hul klante van die regte produk op die regte tyd te voorsien. 
Adres:Bothaville
Kontaknommer:056 515 4100/4011
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site